PROJEKTE VAN DIE AoH-SPAN: 

- Regstellende aksie: Stuur 'n epos aan mnr. Zuma

DEELNEMERS

Inge van Rensburg
Annami Mailovich
Marizanne Knoesen
Lizelle LŲtter
Anja Lubbe
Lodie de Jager

ONS ROETE

ONS BLOG

 

Back to Index




Wat is Africa our Home?

 
Op Vrydag 8 Mei 2009 het 'n baie spesiale FSA ekspedisie begin..

Ons het in Naboomspruit, Suid-Afrika begin, waar die hoofkantoor van die FSA Youth Exchange is. Ons bestemming het baie duisende kilometers verder noord, KaÔro in Egipte, gelÍ. 

Ons was drie mense in die voertuig. Ek was die bestuurder. Anja Lubbe uit Duitsland, ons mede-borg, was die tweede een, en een gewese FSA-uitruilstudent was op elkeen van die vier sektore saam gewees. 

Ons het verlede jaar op die FSA webblad ons ouddeelnemers uitgenooi om vir die projek aansoek te doen. Ons het energieke, positiewe jong Suid-Afrikaners gesoek om saam met ons die mooi van Afrika en sy mense te gaan soek en ervaar, alles onder die leuse van "Afrika is ons Tuiste".

Ons by die FSA weet daar is nie 'n perfekte land enige plek ter wÍreld nie, allermins nie Suid-Afrika nie. Ons is egter hier in Afrika gebore en wil verder in Afrika, Suid-Afrika, leef. Ons huidige probleme skrik ons nie af nie, inteendeel. Ons is bereid om die probleme en uitdagings aan te pak vir die voorreg om hier te leef.

Net dooie visse dryf altyd met die stroom. Dit pla ons dat ons koerante soveel negatiwiteit oor ons uitstort. Ons glo die negatiwiteit beÔnvloed baie mense se persepsies en uitkyk. Ons wil soms teen die stroom swem. Ons wil opstaan en sÍ dat ten spyte van soveel lelike dinge in ons land daar ook nog dinge is wat ons opgewonde maak.

Ons persepsie van Afrika word deur die media gevorm. Hoeveel van ons was al ver noord van ons grense? Afrika is nie ons vyand nie. In soveel dinge deel ons iets moois. Ons moet nooit toelaat dat slegte regerings in Afrika die enigste Afrikabeeld in ons koppe word nie. Daar is goeie regerings en goeie Afrikane.

Dit was die boodskap wat ons met hierdie toer wou versprei. Koester, waardeer en veredel dit wat mooi en dierbaar is. Ons wou ons Afrikabroers en -susters op gelyke vlak ontmoet, soos wat alle mense behoort te wees. Ons wou vir die mense by die huis wys hoe ons probleme hanteer en tot ons voordeel oplos.

Sektor 1:

Ek, Anja en Inge het van Suid-Afrika deur Botswana, Zimbabwe, ZambiŽ, Malawi, TanzaniŽ en Kenia gereis. Ons het Nairobi 21 Mei 2009 bereik. 

Inge het ons in Nairobi verlaat  en terug Suid-Afrika toe gevlieg. Annami, ons volgende exie (ouddeelnemer), het Nairobi toe gevlieg en by die span aangesluit. 

Sektor 2:

Die tweede sektor was die moeilikste deel van ons hele reis. Ons moes in Noord-Kenia twee klipwoestyne oorsteek. Gewapende afvalliges van SomaliŽ en EthiopiŽ swerf daar rond en het al baie moeilikheid daar veroorsaak. 

Ons het van Kenia EthiopiŽ toe gery. Ons het die hoofstad Addis Ababa 5 Junie bereik. Annami het daar die AoH-span verlaat en terug Suid-Afrika toe gevlieg. Marizanne, ons volgende exie, het daar by ons aangesluit. 

Sektor 3:

Ons reis het verder deur die Ethiopiese hooglande gegaan waar ons verby uitgeskiete tenks van die 1990 revolusie gery het. Ons die koel hooglande verruil vir die kokende lug van die laagland van Soedan, die begin van ons woestyndeel. Die volgende ses weke was bitter warm gewees toe ons eers deur die Sahel en later deur die Nubiese woestyn, deel van die Sahara, gery het. Daarby was dit ook middel somer. 

Ons het in Khartoem, Soedan, op 19 Junie aangekom. Marizanne het ons daar verlaat en na die nat, koue Kaapse winterweer teruggekeer. Lizelle het daar by die AoH-span aangesluit. 

Sektor 4:

Toe ons Khartoem verlaat en verder noord gery het, was die droŽ en warm woestyn ons enigste metgesel. Ons het nie direk na Wadi Halfa toe gery nie maar met 'n slingerroete van die een oase of dorpie na die volgende. Dit was bepaald die hoogetepunt van ons hele reis.  

Die enigste manier om Soedan in die noorde te verlaat. is met die veerboot wat een keer per week na Aswan vertrek. Die veerboot word oorlaai en die weeluise vreet vrolik saam aan kaal bene. Ons het 1 Julie met die veerboot Soedan verlaat. 

Dit het ons ongeveer drie dae geneem om die bakkie in Egipte toegelaat te kry. Daarna het ons deur die Westelike Woestyn tot by die piramides van Giza gery, en toe Kairo toe!

Lizelle het ons in Kairo verlaat. Ek en Anja het toe AlexandriŽ toe gery vanwaar die bakkie terug Suid-Afrika toe verskeep is.

Die lekkerte van die toer was dat Inge, Annami, Marizanne en Lizelle vir die duur van die toer berigte en foto's van ons ervarings op die FSA webblad gesit het. 

Borge: 

Die twee borge was FSA Youth Exchange en Anja Lubbe van Siegen in Duitsland.